Die voorval het op 27 Julie in die Wulong-distrik in die suidwestelike Chongging-munisipaliteit in China gebeur, het plaaslike inwoners aan die nuusblad The Cover bevestig.

’n Sekuriteitskamera langs die pad het die oomblik vasgevang toe die twee mense, wat na bewering nie ernstig beseer is nie, om 07:45 (Beijing-tyd) meters ver aan die kant van die keerwal na benede gestort het. 

Die twee vroue het langs mekaar gestap toe die grond skielik onder hul voete meegegee het en die sypaadjie en relings daar naby bloot verdwyn. 

voetgangers
Foto: Asiawire/Magazinefeatures.co.za

Die beseerde vroue is talle meters onderkant die bergpad gevind, waar hulle tussen die rommel gelê het, luidens The Cover

Lede van die nooddienste en ander getuies op die toneel het hulle gered, het die kantoor van noodbestuur vertel. 

Die vroue is nie ernstig beseer nie, maar hulle is in ’n nabygeleë hospitaal behandel, het die beamptes bygevoeg.

voetgangers
Foto: Asiawire/Magazinefeatures.co.za
 Volgens die kantoor het die sypaadjie – ongeveer 1,5 m breed – waarskynlik meegegee as gevolg van grondversadiging ná die onlangse swaar reën. 

Die gedeelte van die pad is nou vir herstelwerk afgesper.