'n Vrou (57) en haar vriendin (29) het vroegoggend buite die ingang van 'n lykshuis in die stad Oefa in Rusland staan en gesels.

Op kringtelevisie-beeldmateriaal kan 'n mens sien hoe die een vrou agterkom 'n reusesneeumassa is besig om van die gebou se dak af te gly. Reguit op pad na hulle toe.

Die vrou trek haar vriendin net betyds na veiligheid. Die sneeumassa val op 'n Lada Granta-voertuig wat naby hulle geparkeer is. Op die kringtelevisie-beeldmateriaal kan 'n mens sien hoe die Lada onder die sneeu begrawe word.

Die sneeumassa het die twee vroue net-net gemis.

Sneeu val op 'n kar
Foto: @bashkortostanim/Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Hulle het geskrik, maar is ongedeerd.

Oefa se departement vir burgerlike beskerming sê hulle is per ambulans hospitaal toe geneem en ontslaan kort nadat hulle ondersoek is. 

Sneeu val op 'n kar
Foto: @bashkortostanim/Newsflash/Magazinefeatures.co.za
Sneeu val op 'n kar
Foto: @bashkortostanim/Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die Lada Granta wat voor die gebou geparkeer was, is erg beskadig en die onbekende eienaar het glo ’n klag by die plaaslike owerheid ingedien.