“Ek gaan dit nie aanvaar nie,” het Chris aan People vertel. Hy het besluit: “Ek gaan nie deel van daardie 3% wees nie.”

’n Dokumentêr is gemaak oor sy storie van dapperheid en liefde wat alles oorwin, selfs liggaamlike gestremdheid. Die titel is 7 Yards; dit verwys na die afstand wat hy met behulp van sy bruid in die paadjie kansel toe gestap het.

Hy en Emily Summers (25) het die jawoord gegee net voor die son op 21 April oor die Abacoa-gholfklub in Florida, Amerika, gesak het. Dit was ’n lang en moeilike pad tot daar.

Chris het op 16 Oktober 2010 sy rugstring beseer en sy C3-C4-werwels gekraak toe hy ’n duikslag tydens ’n voetbalwedstryd uitvoer vir die Luther College Norse in Decorah, Iowa.

Ná ’n jaar van intense rehabilitasie en gebede deur sy streng gelowige familie, het hy stadig maar seker sy krag herwin en was hy in Augustus 2011 weer terug by die kollege, maar in ’n rolstoel.

Vir hom was die grootste uitdaging nie om ’n "gestremde student" te wees nie. Chris was bekommerd hy gaan nooit sy droomnooi ontmoet nie. “Ek wou ’n pa wees en ’n huweliksmaat hê,” vertel Chris. “Maar ek wou nie ’n las vir iemand wees met alles wat ek nodig het nie."

Hy het in 2013 besluit om by ’n aanlyn afspraakgroep aan te sluit en in Augustus daardie jaar is hy in verbinding geplaas met Emily, wat by dieselfde kollege as hy studeer het.

“Die ongeluk het ons bymekaar uitgebring. Dis so ’n seën,” vertel hy. “Ek het gewag vir ’n vrou wat my weer vol lewe sal laat voel en iemand saam met wie ek die res van my lewe wil deurbring. En toe kom Emily en ek weet sy is die een.”

Net soos sy hom letterlik weer op die been gebring het, het sy hom op hul troudag onderskraag om daardie 6,4 m kansel toe aan te durf.

Hulle maak nou vyf pleegkinders onder die ouderdom van agt jaar groot.

Bronne: people.com, sunnyskyz.com, desmoinesregister.com, linkedin.com, nbcnews.com