“Die laaste paar maande het ek ’n boek geskryf,” sê hy.

“Die titel is Vagabond en ek kan nie wag om dit met julle te deel nie. Dink ’n bietjie daaroor: As jou lewe die moeite werd was om te skep, dan is dit sekerlik werd om voor te leef. Maar wat gebeur as ons voel dat ons lewe nie meer werd is om voor te leef nie?” gaan hy voort.

Breaking news! #thevagabond #hopestories

A post shared by Frank Rautenbach (@frankbulldozer007) on

“Vir die laaste paar jaar het ek die wêreld vol getoer en met duisende mense gepraat. Dit verstom my steeds hoe die Here my lewe gebruik om ander mense se lewe te verander. Van wanhoop na hoop. Baie mense het my gevra of ek al my storie in ’n boek geskryf het omdat dit vir hulle soveel hoop gegee het.

“In die volgende paar dae gaan ek ’n geldinsameling hou om my te help om dit te voltooi en te redigeer en ’n eksemplaar daarvan in jou hande kan sit,” vertel Frank.

“Hou dus die ruimte dop vir meer besonderhede.”

Frank het ook die rol vertolk van Ken Oosterbroek in die rolprent The Bang Bang Club wat by die Toronto-rolprentfees gewys het.

Frank en sy vrou, Leigh (43), woon in Los Angeles.

???? #naturalbeauty #luckyguy

A post shared by Frank Rautenbach (@frankbulldozer007) on

Hy lewer gereeld by kerke motiveringspraatjies.

Sy vrou het die afgelope 12 jaar vier miskrame gehad.