Marelize het van Johannesburg, waar sy woon, na George se lughawe gevlieg en is van daar na Danabaai, waar sy die leerder, Vernice, verras het. Dié is 'n niggie van Marelize en ook een van haar grootste aanhangers.

Vernice se aanvanklike droom was dat Marelize haar hare en grimering versorg, maar sy het van daardie droom afgesien siende dat haar niggie in Gauteng woon en sy in die Suid-Kaap. Wat sy nie geweet het nie, was dat Marelize en haar ma reeds ’n plan in die mou gevoer het nie.

Toe sy Marelize in hul huis aantref het sy geweet: Hier kom ’n ding!

Die eindresultaat? Beeldskoon!

Marelize vlog gewoonlik in Engels, maar vir die video, wat sy gedeel het vir VIA se WMJ-videoprojek, praat sy haar moedertaal.

Kyk hier na hoe Marelize die hele verrassing beplan en uitgevoer het:

  • VIA (DStv-kanaal 147) soek Afrikaanse videomakers en vloggers! Met Wat Maak Jy? (WMJ) nooi VIA mense uit om hul unieke talente, perspektiewe, oomblikke en stokperdjies te deel. Die VIA-span se gunstelingvideo kan elke week R5 000 wen vanaf Augustus tot en met die einde van Oktober 2017. Om in te skryf, hoef jy net ’n kort video in Afrikaans te maak, dit op YouTube, Facebook of Instagram te laai met die hutsmerke #VIATV en #VIAWMJ. Stuur dan ook ’n skakel van die video na info@viatv.co.za