Die akteurspaartjie Zetske van Pletzen en Altus Theart se seuntjie, Alexander (9 maande), word net ál ouliker.
Sy trotse ouers deel graag die skattigste foto’s van hom in die sosiale media. Die mannetjie gee altyd die grootste glimlagte en is duidelik baie tuis voor die kamera.
En met soveel akteurs in die familie kan dit nie anders nie. Afgesien van pa Altus, wat Faffa in Getroud met Rugby speel, en ma Zetske, is daar nog ouma Elzette Maarschalk en oupa Pierre van Pletzen, 7de Laan se nimlike Oubaas.
Ons harte het vermurwe toe Zetske onlangs die kamera uithaal terwyl hy hom in die spieël bewonder – en boonop sy ewebeeld ’n vet soen gee.
“Groot soen vir die oulike baba in die spieël,” het Zetske by die video op Instagram geskryf.
Kyk hier na die oulike video:
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET