KYK VIDEO: Dié spitsvondige tiener laat Afrikaans in die Oekraïne blom!

akkreditasie
Mari-Alena woon op ’n klein Oekraïnse dorpie genaamd Reni. Sy het ’n video gedeel wat deel vorm van VIA (DStv-kanaal 147) se splinternuwe Wat Maak Jy?-projek (WMJ).

Die projek, waarin Afrikaanse videosterre gesoek word, is in Augustus bekendgestel en bied Afrikaanse vloggers ’n geleentheid om 'n splinternuwe gehoor te bereik.

Mari-Alena, wie se ouers 20 jaar gelede van Suid-Afrika na die Oekraïne geëmigreer het, laat menige Suid-Afrikaners se moedertaal daar in die verre land skitter.

Die tiener praat Russies, maar leer ander tieners ook basiese Afrikaanse woorde.

Haar video is prettig en soos ’n tipiese tiener is Mari-Alena mal oor selfies.

Sy deel haar ervaring in die Oekraïne en neem ons op ’n tog saam met haar.

Kyk hier na Mari-Alena se WMJ-video:

  • VIA  soek Afrikaanse videomakers en vloggers! Met Wat maak jy? (WMJ) nooi VIA mense uit om hul unieke talente, perspektiewe, oomblikke en stokperdjies te deel. Die VIA-span se gunstelingvideo kan elke week R5 000 wen vanaf Augustus tot en met die einde van Oktober 2017. Om in te skryf, hoef jy net ’n kort video in Afrikaans te maak, dit op YouTube, Facebook of Instagram te laai met die hutsmerke #VIATV en #VIAWMJ. Stuur dan ook ’n skakel van die video na info@viatv.co.za.
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees