Permanente gehoorverlies is met geboorte by die baba, net bekend as Archer, gediagnoseer.

Op drie maande het sy ouers vir hom gehoorapparate laat insit waartydens Archer skreeuend aan die huil raak.

Dan gebeur iets kosbaars en wat menige se oë vol trane laat skiet – Archer raak doodstil toe hy hoor hoe sy ma begin praat.

Die kleintjie kyk dan vol hoop na sy ma en begin glimlag soos nog nooit tevore nie.

Die seuntjie se ouers koer trots om hom en kan hul trane nie keer met die besef dat hul kind eindelik kan hoor nie.

’n Kosbare oomblik wat vir altyd in hul geheue geëts sal bly!

Kyk hier na die video: