Francois van Coke se vrou, Lauren, het onlangs 'n baie spesiale oomblik op haar Instagram met aanhangers gedeel: hul dogtertjie Alex Lila se eerste treë.

"And we have lift off,” skryf Lauren by die video waar Alex wys wat in haar steek.

Happy 1st Birthday to you beautiful baby girl. ?? #alexlila

A post shared by Lauren Badenhorst (@laliewild) on

Die klein tjokkertjie is baie oulik en is omtrent stewig op die been. 

Sy gee 'n hele paar treë en dan lyk dit of sy gaan steier, maar dan vind sy haar balans en loop weer 'n entjie vorentoe.

Die video op Lauren se Instagram-blad spog al met meer as 2 800 kyke.

Alex Lila het verlede maand haar eerste verjaardag gevier.

Kyk hier na die oulike video: 

And we have lift off #alexlila

A post shared by Lauren Badenhorst (@laliewild) on