Vrydag het regter Dayalin Chetty in die hooggeregshof Port Elizabeth in minder as 'n uur geen genade aan Panayiotou getoon toe hy hom tot lewenslange tronkstraf gevonnis het nie.

Sinethemba Nenembe, die huurmoordenaar, is lewenslank op aanklag van moord plus 15 jaar omdat hy Jayde beroof het. Zolani Sibeko is tot 15 jaar gevonnis vir sameswering om die moord te pleeg.

JAYDE PANAYIOTOU

Jayde was ’n onderwyseres aan die Hoër Meisieskool Riebeek College op Uitenhage.

Die forensiese patoloog Kevin Fourie, wat die nadoodse ondersoek op 23 April 2015 op haar gedoen het, het getuig dat die skote aan haar skedel en bors haar dood veroorsaak het. Sy is op 21 April 2015 drie keer geskiet.

Koeëls het ook haar rugwerwel en longe getref. Die koeël wat deur haar kop gegaan het, het aan die linkerkant ingegaan en is aan die ander kant uit.

Ten tyde van haar dood het sy ’n horlosie op haar linkerpols en armband aan haar regterpols gedra.

Jayde het ook snye aan haar vingers en pols asook onder haar elmboog gehad.

Ander beserings het ingesluit ’n harde hou teen die kop met ’n stomp voorwerp. Volgens Kevin stem dit ooreen met die staat se teorie dat sy met die agterkant van ’n pistool geslaan is.