Kyle Suttie was op pad vanaf Suid-Afrika in die rigting van die Zimbabwiese grens toe hy die kar voor hom begin verfilm. “Ek het gesien hoe hy verskeie voertuie verbysteek. Ek het selfs my hand uitgesteek om by hom te probeer uitvind wat aangaan. Ek het geweet iets gaan gebeur as gevolg van hoe die man bestuur.” Die Honda, wat vier mense in gehad het, is afgeskryf. Volgens Kyle was daar ’n man en sy vrou in die voorste sitplekke en nog twee mense agter. Osborne Bunu, die vragmotorbestuurder wat op pad was na Zambië, sê sy vragmotor het gelukkig net ligte skrape opgedoen in die proses. Die Honda-bestuurder het ligte beserings opgedoen en die res van passasiers is ongedeerd.