Scott het op die harde manier uitgevind ’n leeu is nie ’n troeteldier nie. Toe moes sy span boonop die dag daarna die spit met ’n allemintige 25:44 afbyt teen ’n span groot katte - die Cheetahs!

“Wanneer jy jou hand deur ’n heining druk waaragter ’n leeu is, sál jy gebyt word,” het Steve Tandy gesê nadat Scott (29) deur ’n leeu aan die hand gebyt is.

Die Osprey-span was op besoek aan die Weltevrede-wildreservaat buite Bloemfontein voor hul Pro 14-wedstryd teen die tuisspan.

Almal is glo vooraf gewaarsku om nie te dink die leeus sal ewe gedweë rondstaan en toelaat dat hulle soos huiskatte gekoester kan word nie.

http://www.independent.co.uk/sport/rugby/rugby-union/club-rugby/scott-baldwin-lion-bite-video-ospreys-wales-hooker-south-africa-cheetahs-pro-14-a7975211.html

Scott kon egter nie die versoeking weerstaan nie. Hoe gereeld kom ’n mens dan in so ’n noue kontak met die koning van die oerwoud en een van Suid-Afrika se beroemde Groot Vyf?

’n Paar steke later, ’n misgeloopte wedstryd en die hoop op spoedige herstel is wat nou op Scott se pad vir hom voorlê.

Twitter se reaksie

Bronne: bbc.com, independent.co.uk