Die bestuurder van ’n wit Suzuki Swift-sportnutsvoertuig het volgens ooggetuies doelbewus op die voetgangers in die gewilde deel van die stad afgejaag en verskeie getref. 

Aanvanklike aanduidings was dat 16 voetgangers beseer is. Die getal het intussen tot 19 gestyg. 'n Jong kind is ook kritiek beseer.

Die voertuig het volgens ooggetuies tot stilstand gekom nadat die eerste groep voetgangers getref is. Daarna het hy die enjin se toere weer hoog opgejaag en op die volgende groep voetgangers afgejaag.

Paniekbevange voetgangers het vir hul lewens vlug, terwyl talle in die slag gebly het.


Volgens berigte het “voetgangers verspreid gelê oor die kruising” by Flinders- en Elizabethstraat en die voertuig se spoed word teen 100 km per uur tydens die voorval gereken. 

’n Ooggetuie vertel van die gille en die liggame wat oral gelê het. Nog ’n geskokte ooggetuie vertel net van die “gille, en nog gille . . . en toe die slag.”

Só lyk die voorkant van die voertuig vanweë die impak met die slagoffers.

Voetgangers het verspreid oor die gebied gelê. Foto: Skermgreep (video)
Só lyk die Suzuki nadat dit talle voetgangers getref het. Foto: Skermgreep
Foto: Skermgreep

Die bestuurder en sy passasier is deur die polisie op die toneel in hegtenis geneem.

Humeure het tussendeur opgevlam en die polisie het by tye hul hande vol gehad om woedende omstanders onder beheer te bring. 

Volgens 7 News Adelaid, die plaaslike televisienuusdiens, het die polisie nog nie aangedui of dit ’n terreuraanval is of nie. 

Kommandeur Russel Bartlett van die metropolisie het aan die media gesê hulle beskou die voorval as 'n "doelbewuste daad" maar die motief is in hierdie stadium nog nie bekend nie.

Bronne: Metro.co.uk, Twitter, Dailymail