In die video kan mens sien hoe die twee mans rondom die beer ry, voordat die beer in ’n oomblik van aggressie op sy agterpote opstaan om een van die mans aan te val.

Volgens Daily Mail het die beer uit hibernasie wakker geword voor die mans die beer gejaag het.

Hoewel dit nie duidelik is of die mans die beer probeer wegjaag of net tart nie, het die video Danila Doedajef, die adjunkminister van bosbou en jag van dié eilandgroep, rooi laat sien.

Volgens The Seberian Times het Danila verder gesê dat die beer nie gevaarlik is nie, mits mense hulle nie tart of jaag nie.

Hy sê verder hierdie interaksie met die beer kan veroorsaak dat die beer in die toekoms aggressiewer teenoor mense gaan optree.

“In die toekoms kan hierdie dier aggressief optree teenoor iemand wat nie op ’n sneeumobiel kan wegry nie.”

Bronne: Theseberiantimes.com, Dailymail.co.uk