Maar een motorfietsryer het by die dood omgedraai – sonder ’n skraapmerk – nadat hy met ’n trok gebots het.

Die fratsongeuk het om 08:55 in China plaasgevind – die presiese ligging is onbekend.

People’s Daily China het die video op Twitter gedeel en daarby geskryf “naelskraap” – daarin probeer die motorfietsryer uit die pad beweeg nadat hy die rooi trok gewaar het.

Hy balanseer dit te veel na een kant en bots teen die kant van die trok.

Die reuse-voertuig trek dan die motorfiets onder sy wiele en dis binne sekondes vergruis. Wonderbaarlik genoeg val die ryer af van die fiets voor dit saam met die trok gesleep word – en hy staan ongedeerd op.

Die motorfietsryer stap daarna oor die kruising asof niks gebeur het nie terwyl die trok en nog ’n motor paniekbevange stilhou.

“Dis nie naelskraap nie, dis ’n goeie trokbestuurder wat die idioot se lewe gered het wat nie weet hoe om te bestuur nie,” het ’n Twitter-gebruiker laat hoor.

Nog een het geskryf: “Dis ongelooflik hoe gelukkig daai ou was.”

Bronne: Truckerworld.uk, Mirror.co.uk, Twitter