Sorina en die sanger Dirk van der Westhuizen het kragte saamgesnoer, die liedjie geskryf en die video-opname gemaak.

Die liedjie is getiteld Tennis Tune. Sorina en Dirk het self die danspassies uitgedink en deel in ’n video ’n voorsmakie van wat nog gaan kom.

“Dit is sommer net ’n video oor hoe om die Tennis Tune te gooi,” het sy vir Huisgenoot gesê.