’n Video wat op ’n strand in die Bahamas geneem is, wys hoe ’n jong kind onbewus in die water rondduik terwyl vier haaie nader swem.

’n Man op die strand, Artem Tkachenko, het die beeldmateriaal met sy hommeltuig vasgevang. Nadat hy die haaie gesien het, het hy vir die kind geskree om uit die water te klim.

Tkachenko het gesê dat hy baie dankbaar is dat die seuntjie hom gehoor het, berig Daily Mail Online.

Hoewel net gemiddeld 1,5 haai-aanvalle per jaar in Suid-Afrika aangemeld word, kan ons aan min dinge meer vreesaanjaend dink.

Gelukkig is niemand beseer nie.