Al gewonder hoekom soveel bekendes in Hollywood aan die dans is?

Wel, die rapper Drake se nuwe liedjie, In My Feelings, het onlangs opspraak in Hollywood gemaak. Op Twitter is byna 3 miljoen keer daarna verwys, berig Billboard.com.

Drake se nuwe album, Scorpion, wat op 29 Junie vanjaar uitgereik is, het bekendes soos die akteur Kevin Hart en selfs die Amerikaanse sangeres en danssensasie Ciara aan die dans.

Selfs die This Is Us-akteur Sterling K. Brown en sy vrou, Ryan Michelle Bathe, sien kans vir die sogenaamde Shiggy, berig ET Online. Die twee maak behoorlik litte los!

Gotta #DoTheShiggy with the Mrs! #ThisIsUs #InMyFeelingsChallenge

A post shared by Sterling Brown (@sterlingkbrown) on

Ciara en haar man, die sportster Russell Wilson, is tans in Suid-Afrika op hul wittebrood en het hul weergawe van die Shiggy met Kaapstad se prentjiemooi berge en see as agtergrond uitgevoer.

Die akteur Will Smith (49) is die nuutste bekende wat shiggy. Die pa van drie het dit letterlik na nuwe hoogtes gevoer toe hy dié dramatiese video soos iets uit ’n fliek met sy meer as 17 miljoen volgelinge op Instagram deel. 

Volgens die Independence Day-akteur is die waaghalsige video op sy laaste dag bo-op ‘n brug in Budapest verfilm en met dié poging is hy loshande die wenner van die uitdaging.

“Ek was angstig daarbo. Dis hoekom al my danspasies so styf is!” het hy in sy inskrywing genoem. Will het selfs tydens die video gegrap dit kan onmoontlik wettig wees. 

Volgens E! News het selfs Drake kommentaar gelewer en meen dis hoe dit gedoen moet word. 

Nou toe nou, Will het die jonges beslis gewys hoe dit gedoen word!

Bronne: E! News, Billboard.com, Independent.co.uk, ETonline