Staan terug, amandelvormige Kylie Jenner-naels, hier’s ’n ou naelmode aan die terugkom!

Naels wat uitwaaier, oftewel eendpootnaels, is die soort versierings wat jou laat voel na ’n modepop van die 70’s. En daar was ’n tyd toe die sterre van die werklikheidsreeks Jerseylicious mal was daaroor, maar toe het dit gelukkig verdwyn.

#nailartist #flarednails #widenails #nailboss #turlock #thebeautystudioturlock #pinkandwhitenails #glittermixing#customglitters#

A post shared by The Beauty Studio (@glitterandpolish209) on

Maar volgens Metro.co.uk het die mode vroeër in 2017 begin kop uitsteek en nou word dit al weer hoogmode.

Maar luister, behalwe dat dit vir ons lelik is, is dit dalk glad nie veilig nie.

“Hierdie naels kan maklik afbreek en dan ’n stuk van jou eie nael afskeur,” het ’n naeltegnikus aan Popsugar.com gesê. “Dit kan verskriklik seer wees."

#sparklynails #3dnaildesign #luv3dnails #slcnails #flarednails Www.facebook.com/luv3dnails

A post shared by ?Silvia? (@luv3dnails) on

Eina! Hou gerus verby.

Bronne: Metro.co.uk, Popsugar.com, BuzzFeed.com