Maar ondanks haar pogings om soos die pop te lyk, sê Rachel sy het nog nie haar Ken gevind nie. 

En al het haar droomman al haar hart gebreek, soek Rachel steeds na die klassieke Ken – plastiek, met ’n blokkiesmaag, maar tog intelligent.  

Rachel, van Suidoos-Londen, sê: “In die proses om Barbie te word, het ek besef ek moes myself liefhê voor ek iemand sou kon liefhê.

“Noudat ek eindelik vertroue in myself het, het ek besef dit is tyd dat ek my Ken vind om my Barbie-reis te voltooi.

“My hart is al gebreek deur mense wat ek gedink het Ken was, maar die feit dat ek nie nou by hulle is nie, wys hulle was nie die een nie. 

“Ondanks al die glans raak ek alleen en dis deel van die rede waarom ek my droom-Ken wil hê.

“Maar ek gaan ook nie met enigiemand tevrede wees of my standaarde verlaag wanneer ek my droom-Ken wil hê nie. Hy moet volmaak wees.” 

Foto: Magazine Features.

Kleintyd het Rachel identiteitsprobleme gehad, en sy beweer sy het deur ’n goth-, Chinese pop-, rabbedoe- en “ouerige” fase gegaan. 

Maar van 30 af het Rachel baie selfvertroue gehad met haar nuwe voorkoms. Sy ondergaan elke drie maande chirurgie om dit in stand te hou. 

Sy sê: “Ek het met my gender gesukkel toe ek jonger was. Ek het vir die grootste deel van my 20’s soos ’n seun aangetrek en regtig gesukkel om myself as ’n vrou te sien.” 

“Ek het nie geweet hoe ek wou lyk nie en ek het nie gemaklik in my eie vel gevoel nie, wat my selfmoordgedagtes gegee het.

“Nadat ek ’n taamlike rabbedoe was, het ek goth en buierig geraak en dit het my ook baie terneergedruk gemaak. 

“Maar nadat ek Barbie se slagspreuk – ‘Jy kan enigiets doen’ – gehoor het, het ek besef ek kan wees wie ek ook al wil wees.”  

“Nadat ek my seun, Rees (nou 17) gehad het, het ek besluit dit is tyd om my hartseer voorkomste agter te laat en myself in ’n regte menslike Barbie te omskep.”

Foto: Magazine Features.

 Sedert sy die besluit geneem het, het Rachel al meer as R400 000 aan verskeie kosmetiese prosedures bestee.

Maar al het sy so baie geld uitgegee om haar voorkoms te vervolmaak, sê Rachel sy sal vir altyd aanhou om chirurgie te ondergaan. 

“Ek sal nooit ophou om my gesig en lyf te laat opknap nie. Ek beskou myself as ’n onvoltooide werk en ek kan altyd verbeter.” 

Foto: Magazine Features.

 “Selfs wanneer ek 80 jaar oud is, sal ek steeds botoks en vullers kry, want ek wil myself vervolmaak.

“Maar al het ek so baie geld aan my voorkoms bestee en my die beste menslike Barbie probeer maak, het ek steeds nie daarin geslaag om my Ken te vind nie.

“Ek sal wil hê my droomman moet hou van chirurgie en sy gesig versorg – ek sal nie met ’n man met plooie tevrede wees nie.” 

Foto: Magazine Features.

“Die hare en oogkleur maak nie soveel saak nie, maar hy moet ’n plastiekvoorkoms hê en beslis ’n blokkiesmaag ook. 

“Ek het so baie in my eie voorkoms belê dat ek nie gaan tevrede wees met minder as wat ek verdien nie – en dit is Ken.”

Rachel se boek, In the Studio with Rachel, is op Amazon te koop.

Rachel se kosmetiese prosedures:

Botoks – R165 000 – £10,000

Wangvullers – R57 750 – £3,500

Lipvullers – R49 500 – £3,000

Sakkies onder oë – R20 625  – £1,250

Niechirurgiese gesigsontrimpeling – R49 500  – £3,000

Niechirurgiese neusoperasie 2017 – R8 250 – £500 

Instandhouding – R82 500 –  £5000