Allise Shapiro (31) droom al vandat sy klein is van haar groot wit troue, maar sy het geweet dis onmoontlik terwyl sy 146 kg weeg en ’n no. 22-rok dra. 

En ná ’n leeftyd van haar vergryp aan skyfies, sjokolade en kitskos, het Allise eindelik besluit om haar ongesonde gewoontes te laat vaar en ’n nuwe lewe te begin.

Dit het haar sewe maande geneem om ’n indrukwekkende 70 kg af te skud, en sy en haar man, Daniel (34), het verlede jaar afgehaak. 

Foto: Magazine Features.

Allise, wat ’n no. 10-rok vir haar groot dag gekoop het, kon nie gelukkiger wees met haar troufoto’s nie en het die beste dag van haar lewe beleef. 

En noudat sy die helfte minder as voorheen weeg, deel sy haar storie om ander te inspireer om vir die Cambridge Weight Plan in te skryf.

Allise, van Essex in Engeland, sê: “Ek het my elke aand vergryp aan skyfies, sjokolade, kitskos en nooit geweet wanneer om op te hou nie.

“Ek wou altyd trou, maar het geweet ek sou nooit die selfvertroue hê om op 146 kg ’n rok te gaan koop nie.”

Foto: Magazine Features.

“Ek moes vra vir ’n verlengstuk vir my veiligheidsgordel toe ek met vakansie gegaan het, en met my terugkeer in 2015 het ek besef ek moet veranderings aan my leefstyl maak.

“Dit het sewe maande geneem om die gewig af te skud met die Cambridge Weight Plan en ek het kort daarna vir Daniel ontmoet.

“Ons was kort voor lank verloof en het ons troue beplan.

“Mense het gedink ons is mal omdat ons mekaar net drie maande geken het, maar ek het geweet Daniel is die een, en my gewig het my nie teruggehou nie.

“Ek het ’n nousluitende rok gekies, iets wat ek nooit gedink het ek sou kon dra nie. Dit was ’n no. 10 bo en 12 onder.

“Dit was die beste dag van ons lewe, en het aan al my verwagtinge voldoen.”

Foto: Magazine Features.

“Ons het 200 trougaste gehad. Hulle was baie trots op my wat soveel gewig verloor het.

“Ek het soos ’n heel ander mens gelyk. Dit was lekker om met al my harde werk te spog.

“Ons het agterna vir 12 dae in die  Dominikaanse Republiek wittebrood gehou en dié keer was dit nie vir my nodig om vir ’n verlengstuk vir my veiligheidsgordel te vra nie.”

Allise deel haar verhaal in die hoop dat dit ander sal inspireer om hul gewigsverliesreis aan te pak.

“Ek was vir jare oorgewig en ongelukkig, maar as ek 70 kg kan afskud, kan enigeen dit doen.”