Die polisie van die stad Foshan in suidelike China is na ’n woonstelblok se ondergrondse parkeerterrein ontbied. Daar is ’n aantal luukse motors aangetref met stukkende ruite, beskadigde spieëltjies en woorde op die enjinkap geskryf.

Kringtelevisiebeeldmateriaal van die parkeerterrein toon die skuldige. Die polisie vermoed sy het ’n hamer, metaalstaaf en skêr by ’n bouperseel daar naby gesteel om haar eks se motor te beskadig.

vrou verniel karre
Foto: Asiawire/Magazinefeatures.co.za
vrou verniel karre
Foto: Asiawire/Magazinefeatures.co.za

'n Polisiebeampte sê: “Sy het ’n rusie met haar kêrel gehad en was ontsteld. Toe gaan sy na die parkeerplek van sy woonstelblok. Sy het ’n wit Cadillac gesien en gedink dit is haar kêrel s’n. Toe verniel sy dit. Dit was nie syne nie. 

“Sy het haar kêrel se kontakbesonderhede met ’n merkpen op die enjinkap geskryf. Terwyl sy deur die parkeerplekk gestap het, het sy verskeie ander duur motors opgemerk en haar woede op dieselfde manier uitgedruk. Sy het altesaam nege motors toegetakel.”  

Op kringtelevisiebeeldmateriaal ry sy op ’n fiets by die parkeerplek in en kom die geparkeerde Cadillac by. Sy slaan dit met die metaalstaaf voor sy ’n brandblusser teen die windskerm gooi en die glas inskop. 

vrou verniel karre
Foto: Asiawire/Magazinefeatures.co.za

Bisar genoeg vee sy die glasskerwe met ’n besem op voor sy op haar volgende teiken toeslaan. Op beelmateriaal van die voorvol op 20 Julie skryf sy op die enjinkap van ’n geparkeerde Mercedes-Benz en kerf haar eks se naam en foonnommer op ’n rooi Tesla uit. 

Veiligheidswagte het reeds die vrou aangehou teen die tyd dat die polisie opgedaag het, het ’n polisiebampte aan die provinsiale televisiestasie gesê. 

“Die naam wat op die motors geskryf is, behoort aan haar ekskêrel. Sy wou wraak neem nadat hulle uitgemaak het,” sê hy.  

“Sy het die motors verniel en sy naam en nommer geskryf sodat die eienaars hom by die polisie sou aangee. Sy wou hê hulle moes dink haar kêrel het dit gedoen sodat hy verantwoordelik gehou sou word.” 

vrou verniel karre
Foto: Asiawire/Magazinefeatures.co.za

Die skade aan die voertuie word op meer as R1,5 miljoen geraam.