Van toe af maak hy golwe in die mededingende musiekbedryf.

Hy en sy vrou, Chrize, het twee woelwaters, Lila en Jua.

Met sy besige skedule is dit te verstane dat Elvis ’n blaaskans nodig het (en miskien ’n nuwe haarstyl).

Waar beter as enigmatiese Israel.

Die kunstenaar het kiekies van sy vakansie in Israel in die sosiale media gedeel en aanhangers was gou om op te merk dat Elvis se hare langer is. Party het selfs aangevoer dit is ook gekleur.

Long walk. Long flight. Hello Israel ????

A post shared by Elvis Blue (@elvisbluemusic) on

Ná ’n bitter lang vlug het hy in Israel geland.

Sea of Galilee this morning. ??????

A post shared by Elvis Blue (@elvisbluemusic) on

Hy was op ’n bootrit op die See van Galilea.

360 shot in Gethsemhane church. Very special place. ????

A post shared by Elvis Blue (@elvisbluemusic) on

Hy het ’n kerk in Getsemane besoek.

Good morning from the Dead Sea ????

A post shared by Elvis Blue (@elvisbluemusic) on

En die uitsig? Beeldskoon.

Cool place this. Israel ????

A post shared by Elvis Blue (@elvisbluemusic) on

Elvis het ook ’n video met sy aanhangers gedeel oor sy ervaring in Isreal – en oor hoe warm dit daar is.

Ons hoop jy is uitgerus en verfris, Elvis.

  • Elvis se album Die Brug is benoem as kontemporêre album van die jaar in vanjaar se Tempo-toekennings. Kyk hier onder wie nog benoem isStem nou vir jou gunstelinge en kom sodoende in aanmerking vir ons groot prys: ’n luukse eilandvakansie op die Maledive-eilande.