’n Spoggerige verloofring op Nuwejaarsdag het die boodskap duidelik verkondig - dit gaan ’n jaar van groot liefde wees vir dié twee mooi mense!
Die sanger, Stefan Ludik (met die verhoognaam Elvis se Seun) het op 1 Januarie 2018 ’n pragtige verloofring aan die pragtige Anelle Bester (Suna in 7de Laan) se ringvinger gesteek.
Huisgenoot het reeds in Maart 2016 gewonder of daar iets meer as net blote vriendskap tussen die twee bestaan.
Toe het Stefan (destyds as dr. Gustav Kemp in die kykNET-sepie Binnelanders) aan Huisgenoot gesê hulle is net goeie vriende en dat hy vir Anelle (wat as Tineke Mostert in Binnelanders verskyn het) as ’n vriend vergesel.
Wie kan Suna in 7de Laan se dramatiese vliegtuigongeluk vergeet?
Baie geluk, julle twee!
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET