Survivor SA is terug! M-Net bring die sesde seisoen van dié gewilde werklikheidsreeks, waar mense op ’n eiland woon en mekaar “outwit, outplay and outlast”  om die wenner van R1 miljoen te word, in 2018 terug.

Graham Jenneker, ’n finansiële bestuurder, het in 2014 die laaste Survivor SA-wenner geword en met R1 miljoen weggestap. Hy het 28 dae lank op ’n afgeleë eiland in die Suidsee in China deelgeneem. 

Nico Panagio, wat laas die reeks aangebied het, sal ook die sesde seisoen aanbied, het M-Net laat weet.  

M-Net soek deelnemers wat groot aanhangers is van die plaaslike en internasionale reeks om in te skryf vir die eersdaagse seisoen.

Die deelnemers sal op ’n verlate eiland taai omstandighede moet oorleef, maar ook “vuurwerke” in hul stamme laat gebeur. 

M-Net se Lani Lombard sê hulle is baie opgewonde om die reeks terug na die kassie te bring. “Kykers het ons ’n hele ruk lank gesmeek om nog ’n plaaslike weergawe te maak van wat bekendstaan as die ‘beste spel op aarde’.” 

As jy 18 jaar of ouer is en wil deelneem aan die sesde seisoen, kan jy jou video-inskrywing tot 26 November hier laai.