KYK: Wayde van Niekerk deel die oulikste foto’s van homself as ’n klein tjokkertjie

akkreditasie
Foto: Getty Images
Foto: Getty Images
Wayde Van Niekerk vermurwe harte op Instagram met foto’s van hom as ’n kleine atleetster.

Die goue seun van Suid-Afrikaanse atletiek, het onlangs ’n reeks foto’s van hom as ’n jong uitblinker op sy Instagram-profiel gelaai.

Die 25-jarige Kapenaar skryf by een van die foto’s van hom as ’n skoolleerder: “As jy na jou lewe vandag kyk en wie jy geword het, inspireer jy die jong dromer wat jy was?” 

Hy noem dan verder mense moet nie hul “nederige begin” vergeet nie. “Dankie Vader God vir wie ek vandag is.” 

Hierop het sy aanhangers hom as ’n inspirasie geprys en gesê nie net is hy ’n goeie atleet nie, maar ’n goeie man. 

Een Instagram-gebruiker skryf Wayde is ‘n inspirasie vir baie mense. 

??????

A post shared by Wayde van Niekerk (@waydedreamer) on

Ene Luis Arturo Robles skryf op Instagram hy bewonder Wayde. 

Wayde het verlede week sy aanhangers met hom op ’n nostalgiese reis gevat toe hy ook drie foto’s van hom as ’n kind op Instagram geplaas het.  

Die foto’s het talle geinspireer en baie het daarop gereageer met hul eie stories van hoe hulle vandag uitgedraai het en hoe Wayde vir hulle inspireer.  

♣♦♥♠

A post shared by Wayde van Niekerk (@waydedreamer) on

Wayde is een van talle Suid-Afrikaanse atlete wat tans goed presteer by die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se Wêreldkampioenskappe.  

Hy is steeds die wêreld- en Olimpiese rekordhouer (met 43.03 sekondes) in die 400 meter. 

Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees