Mathew het gekniel op een van Lesotho se ysige bergtoppe en vir sy meisie van drie jaar gevra om te trou.

Die duifies ken mekaar al jare – Mathew was sedert hul kinderjare vriende met Kendal se broer, Connor. 

Kendal het ná hoërskool Kaap toe getrek, maar ’n paar maande gelede terug Durban toe getrek vir ’n paar maande om modelwerk te doen.

Hy het gekniel op een van Lesotho se ysige bergtoppe en vir sy meisie van drie jaar. Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Met haar terugkeer het haar broer voorgestel hulle gaan uit met vriende een aand en Mathew was ook daar.

Hul verhouding het kort voor lank geblom.

“Gewoonlik kan jou broer se pelle nie met jou jonger suster uitgaan nie, en ek en Mat het ons verhouding vyf maande lank van my broer weggesteek,” sê Kendal.

“Mat het gesê hy hou baie van my en wil hê ons moet openlik ’n paartjie wees. Ek gaan jou broer se toestemming vra, het hy vir my gesê.”  

Foto: Verskaf

Connor het ja gesê en die res is geskiedenis.  

Snow Report SA het die romantiese oomblik op kamera vasgevang nadat ’n joernalis van die weerwebtuiste die paartjie ontmoet het enkele minute voor Mathew die groot vraag gevra het. 

Die paartjie het ’n fotosessie op die strand beplan, maar toe hulle uitvind daar is ’n kouefront op pad, het hulle ’n uitstappie na die berg beplan.

Min het Kendal geweet Mathew het ’n verlowingsfotosessie met ’n fotograaf gereël. 

“Dit was minus vyf grade en ek het hierdie hele fotosessie beplan,” sê Mat.

“Ek droom al my lewe lank van hierdie oomblik,” het Kendal gesê. “Ek en Mat het gedurig daaroor gepraat. Ek het selfs ’n grappie op die berg gemaak en gesê: Jy gaan my vra om te trou, nè. Het jy iets om my te vra?”

Maar toe hy werklik op een knie afsak en haar vra om te trou, was Kendal verstom.

“Ek was geskok. Dit was ’n droom wat bewaarheid is.

Kendal was nie bewus dat Mathew ’n verlowingsfotosessie met ’n fotograaf gereël het nie. Foto: Verskaf

“Dankie tog hulle (Snow Report SA) het daardie video gemaak. Dit was betowerend. Ek vergeet die heeltyd hoe ek in daardie oomblik reageer het.”

Die paartjie trou op 8 Augustus 2020.

Op ’n vraag oor hoekom hulle hierdie datum gekies het, het Kendal gesê: “Omdat ons so jonk is en ek het gedroom van daardie datum omdat dit ’n dubbelsyfer datum is. Die 8/8 en 20/20 is dubbele nommers. Ek voel net dis ’n gelukkige dag.”