book-icon Uitgawe 8 Julie 2021

KZN-bruidegom vas ná hy domineebruid se kerk glo besteel

akkreditasie
Etresia het George ontmoet nadat sy tot die NG Kerk Escombe beroep is. Foto: Facebook/Etresia van Schalkwyk
Etresia het George ontmoet nadat sy tot die NG Kerk Escombe beroep is. Foto: Facebook/Etresia van Schalkwyk

Hier by ’n afgeleë en asemrowende vakansieoord in die vreed­same Drakensberge lê die pieke eindeloos oor die horison uitgestrek. Dis 19 Junie, skuins ná sewe die oggend, en ’n mislagie hang oor die Didima-oord by Cathedral Peak.

Oral is ’n geskarrel van mense: In ’n grasdakhuis naby die klein kapel klink die vrolike geklets van ’n bruid en haar gevolg op; ’n ent verder is die bruidegom al halfpad aangetrek vir sy groot dag. Tafels word geskuif, ruikers word rondgedra . . .

Dis minder as twee uur voor sy na die kansel sal stap en ds. Etresia van Schalkwyk, ’n leraar van die NG kerk Mtubatuba, is nog in haar slaapklere terwyl ’n span sedert vroegoggend met haar hare en grimering besig is. Hierdie is immers die romantiese volgende hoofstuk nadat sy meer as vyf jaar gelede op George Vorster verlief geraak het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees