Luka Mijic en Mario Priula. Foto: Magazine Feature
Luka Mijic en Mario Priula. Foto: Magazine Features/Newsflash

Maar die vermoede is nou dat daardie einste vuur later die twee se dood veroorsaak het toe die vakansiehuis waarin hulle gebly het, afgebrand het.

Luka Mijic (26) en sy beste vriend, Mario Priula (27), van Kroasië, het op sondag 6 Junie omgekom in ’n brand in die vakansiehuis naby die stad Bjelovar.

Volgens die plaaslike nuuswebtuiste Index het die twee vriende by dieselfde toerisme- en spysenierkollege in Bjelovar geswot en besluit om vir ’n naweek na die platteland weg te breek.

Luka en Mario (regs) met 'n onbekende vriend. Foto
Luka en Mario (regs) met 'n onbekende vriend. Foto: Magazine Features/Newsflash

Inwoners het aan Index vertel hulle kon die twee die heelmiddag hoor kuier en musiek luister. Maar omstreeks vyfuur die volgende oggend is die polisie en die brandweer na die huis ontbied toe dit aan die brand slaan.

Nadat die brand geblus is, het brandbestryders twee lyke uit die puin gedra. Die lyke is vermoedelik dié van Luka en Mario, maar weens die ernstige brandwonde, het die owerhede besluit om eers DNS-ontleding te doen voordat hulle hul identiteit bevestig.

Dit is die laaste selfie wat Luka Mijic van hom en
Dit is die laaste selfie wat Luka Mijic van hom en Mario Priula geneem het. Foto: Magazine Features/Newsflash

“Ek het op my stoep sit en luister na die musiek wat hulle gespeel het, want dit was baie goed,” vertel een van die bure aan Index. “Teen middernag se kant het ek aan die slaap geraak

“Toe ek die volgende oggend wakker word, was ek geskok. Ek kon nie glo wat met hulle gebeur het nie.”

Mario Priula het saam met sy beste vriend gesterf.
Mario Priula het saam met sy beste vriend gesterf. Foto: Magazine Features/Newsflash
Luka het na 'n baie joviale man gelyk op die talle
Luka het na 'n baie joviale man gelyk op die talle foto's waar hy sosiaal met vriende verkeer. Foto: Magazine Features/Newsflash

Al is die oorsaak van die brand nog nie bevestig nie, het die twee blykbaar gebraai op die vuur wat jy in hul selfie op die agtergrond kan sien. Die owerhede vermoed die twee het dalk gaan slaap sonder om die vuur behoolik te blus en die vlamme het na die huis versprei.

Die huis waar die tragedie hom afgespeel het. Foto
Die huis waar die tragedie hom afgespeel het. Foto: Magazine Features/Newsflash

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe