Raniere (57) was twee dekades lank die leier van die organisasie Nxivm in New York.

Die kultus het hom as ’n selfhelpgroep voorgehou. Vroue is glo gedwing om seks met Raniere te hê en is glo met sy voorletters gebrandmerk wanneer hulle "ingehuldig" is.

Om deel te word van die groep, is naakfoto’s of ander afpersmateriaal van vroue ingesamel. Dit is later gebruik om die vroue se stilswye oor die groep te verseker, berig The New York Times.

Raniere het blitsig na Mexiko gevlug nadat die New York Times in Oktober 2017 'n artikel gepubliseer het wat sy organisasie se misdade oopgevlek het.

Hy is Sondag by ’n luukse villa in Puerto Vallarta in Mexiko in hegtenis geneem en na Amerika teruggestuur nadat aanklagte teen hom ingedien is.

Volgens Daily Mail is hy aan Texas uitgelewer, waar hy deur aanklagte van sekshandel en dwangarbeid in die gesig gestaar gaan word.

Talle van sy beweerde slagoffers het getuig Raniere en ander “meesters” het vroue as “slawe” vir seks gebruik en om take te verrig, skryf The Guardian.

Bronne: The New York Times, Daily Mail, The Guardian