Die Britse statistiekdiens het onlangs die gewildste en ook die ongewoonste name vir babas bekendgestel.

In die era waarin ons leef, is daar min dinge wat ’n mens verras. Maar dié kindername sal jou twee keer laat kyk en kopkrap.

Jy gaan dalk kekkel van die lag, kopkrap of net plein jaloers wees omdat jy nie self daaraan gedink het om jou kleinding na ’n land soos Maleisië te noem nie.

Maar een ding is seker – daar is sekere goed waarna ’n kind nie genoem moet word nie – soos moontlik Isis, hoewel dit hopelik na die Egiptiese godin verwys en nie die terreurgroep nie.

Foto: Pixabay

Hier is ’n lys van die merkwaardigste name wat aangeteken is:

Seuns:

  • Bane
  • Dougal
  • Excellence
  • Heaven
  • Jagger
  • Jupiter
  • John-Boy
  • Marvellous
  • Merlyn
  • Michelangelo
  • Otter
  • Oak
  • Odysseus
  • Oslo
  • Rocket
  • Rusty
  • S
  • Smit
  • Thatcher
  • Triumph
  • Tyga
  • Ulysses
  • Wraith
  • Wolfie
  • Yanky

Ja, jy het reg gelees – kinders het self deesdae eenlettername soos S. Jy kan ook jou kind na ’n boom noem – daar is juis 'n paar Oaks.

Foto: Pixabay

Dogters:

  • Queen
  • Heavenly Joy
  • Hennessy
  • Indy-Rose
  • Isis
  • Kleopatra
  • Majesty
  • Malaysia
  • Margherita
  • Marvellous
  • Melodi
  • Onyx
  • Oracle
  • Pearl-Rose
  • Peach
  • River-Leigh
  • Twinkle

Jy skop jouself seker dat jy nie self aan die oulike Twinkle gedink het nie. Wel, jy is voorgespring.

Bronne: Mirror.co.uk, Telegraph , ONS