Esther Nzakwa Kitivo is op 31 Augustus 2004 op 93-jarige ouderdom oorlede.

Sy wou by haar familiehuis langs haar man in die Keniaanse dorpie Mbuani begrawe word, maar die twis het beteken dat sy eers verlede Saterdag (24 April), 17 jaar later, begrawe is.

Ná ’n uitgerekte hofstryd het Esther haar wens gekry en is sy by haar familiehuis ter ruste gelê.

Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Volgens die plaaslike nuuskanaal Citizen TV is die aanvanklike begrafnisplanne opgehef toe een van haar stiefseuns beweer het dat Esther se man die huis aan hom as geskenk gegee het, en hy was nie bereid om haar daar te laat begrawe nie.

Die stiefseun, wie se naam nie bekendgemaak is nie, het ’n rusie begin wat 17 jaar geduur het, terwyl die res van Esther se familie daarop aangedring het dat sy volgens tradisie by haar familiehuis begrawe moes word.

Terwyl die geskil oor die vrou se liggaam gewoed het, is dit by die Machakos-begrafnisonderneming gehou, waar die ongekende langdurige verblyf die rekeninge laat ophoop het. Die familie sê hulle kan dit nie betaal nie, tensy hulle donasies van die publiek ontvang.

Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Michael Musau, Esther se jongste seun, het die kwessie hof te geneem, waar ’n regter dit aanvanklik uitgegooi het nadat hy beslis het dat familietradisies nie vir die wet kan voorskryf nie.

Die familie het teen die beslissing geappelleer en die regter het daarna in hul guns beslis en gevolglik is Esther 17 jaar nadat sy gesterf het by haar familiehuis begrawe.

Gewapende wagte is gestuur om die verrigtinge dop te hou uit vrees dat covid-19-protokol oortree sou word deur groot skares wat ’n kykie wou hê na die begrafnis waaroor hulle sedert 2004 gelees het. 

Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Citizen TV het berig die langverwagte begrafnis het minder as ’n uur geduur en verloop sonder enige probleme en covid-19-protokol is gevolg. 

“Ons begrawe vandag my geliefde ma wat 17 jaar in ’n lykshuis deurgebring het. Ek wil almal bedank wat gehelp het om haar tuis te bring,” het Michael by sy ma se begrafnis gesê.

“Ons het gehuil en getreur tot ons nie meer trane oorgehad het nie. Nou voel ons eindelik ’n mate van verligting.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.