"Daar is so baie lelike kommentaar oor my hare wat te lank is en dan te kort en dan te lank, en so gaan dit al my lewe lank aan," het hy op Instagram geskryf by ’n kiekie van hom met sy langer haredos.

"En dan wonder 'n mens: Hoe is dié mense grootgemaak? Gelukkig is daar baie meer mense in die wêreld wat goedgemanierd grootgeword het."

Van die hutswoorde by die inskrywing, was "#houjoumond".

Maar van sy aanhangers het vir hom in die bres getree. Een meen hy moet hom nie aan die "ongeskikte mense" steur nie: "Hulle is so gemaak en so gelaat staan. Jy lyk stunning."

"Moet jou asseblief nie steur aan die lelike kommentaar nie; daar is regtig baie wat van jou hou en lief is vir jou musiek", het nog een laat hoor. "Jy is en bly ons rock-koning."

Nicholis se vrou, Denise, het ook hom verdedig. "Wel, jou vrou dink jy's perfek," het sy laat hoor.

You are my everything #happyLouws #Askari #atGuvon #love #sunset #africa

A post shared by Denise Shrewsbury Louw (@denise.s_louw) on

Die paartjie is nou drie jaar getroud en het ’n tweejarige dogter, Miané. Denise deel gereeld kiekies van hul kleinding op Instagram. Sy is uitgeknip haar pa!

Ons bak bietjie brood. Nammies #babybaker #baker #bread #cute #homemade #cutekid #kitchen #chef #tinychef

A post shared by Denise Shrewsbury Louw (@denise.s_louw) on

Klein Miané het onlangs haar tweede verjaardag gevier.