Leroux Meyer en sy vrou, Nicolien, 'n biokinetikus
Leroux Meyer en sy vrou, Nicolien, 'n biokinetikus. Foto: Verskaf

Vir Leroux Meyer, die 28-jarige Pretorianer wat verlede maand sy rug gebreek het toe hy 15 m ver met sy motorfiets geval het, was daar Maandagoggend (30 November) 'n brokkie baie goeie nuus.

Sy mediese fonds het sy aansoek goedgekeur om per lugambulans van George, waar hy sedert die ongeluk behandel is, na Pretoria terug te keer. Hy het dieselfde dag nog in die Jakarandastad geland en is verheug om daar met sy lang pad na herstel te begin. 

KOMMER OOR TERUGREIS

Leroux Meyer met 'n vorige avontuur. Foto: Verskaf
Leroux Meyer met 'n vorige avontuur. Foto: Verskaf

Vrydagmiddag het Leroux nog sy kommer oor die terugtog huis toe in 'n video op sy Facebookblad gedeel. Sy dokter het in 'n aanbeveling geskryf dat hy weens die erns van sy beserings per lugambulans terug huis toe vervoer moet word.

Leroux het vertel sy mediese fonds, Discovery, het nie die vlug goedgekeur nie. Hy sou ondanks sy erge rugbeserings moontlik per ambulans die lang terugreis moes aanpak. Vanuit sy hospitaalbed in die Mediclinic George het hy moedig om hulp gevra in 'n video wat meer as 100 000 keer gekyk is.

Hy moes Maandag reeds by die rehabilitasieafdeling van die Mediclinic Muelmed in Pretoria met sy rehabilitasie begin het.

Leroux Meyer word per lugambulans van George na Pr
Leroux Meyer word per lugambulans van George na Pretoria vervoer. Hier by hom is die vlieënier, kapt. Alex Trow. Foto: Aerocare Emergency Services/Facebook
Leroux Meyer word per lugambulans van George na Pr
Leroux Meyer word per lugambulans van George na Pretoria vervoer. Foto: Aerocare Emergency Services/Facebook

GROOT VERLIGTING

Leroux, wat sedert sy ongeluk nog elke dag video’s plaas om ander en homself te bemoedig, het later gevra dat mense hulle moet kans gee om verder met die fonds te onderhandel. 

Sy kommer Vrydagmiddag toe daar nog soveel onsekerheid oor sy terugreis was, het Maandagoggend plek gemaak vir opgewondenheid toe hy hoor Discovery het wel die vlug met die lugambulans goedgekeur.

"Ek voel vandag empowered en reg om al hierdie dinge uit te sort met die vliegtuie en so aan en ek is reg om my herstel aan te pak daar in Pretoria,” het hy duidelik verlig in 'n boodskap aan sy vele ondersteuners gesê.

Die Aerocare-lugambulans wat uit Bloemfontein gevlieg het om Leroux in George te gaan haal, het Maandagaand om 19:20 by die Wonderboom-lughawe in Pretoria geland. 

Mense het uit alle oorde Discovery en Aerocare vir die vlug en dienste geloof.

Transfer from George complete landed 19:20 at Pretoria’s Wonderboom.

Posted by Crause Steyl on Monday, 30 November 2020


OOR AFGROND GESTORT

Huisgenoot het vroeër berig Leroux was op ’n avontuur saam met twee vriende om met hul motorfietse van George Pretoria toe te ry.

Motorfietsry is Leroux Meyer se passie. Foto: Vers
Motorfietsry is Leroux Meyer se passie. Foto: Verskaf

Op Donderdag 12 November, die eerste dag van hul rit, het sy motorfiets 'n grondpad tussen Knysna en Uniondale verlaat en van 'n krans 15 m ver na onder gestort.

Hy het benewens sy rug ook ribbes, sy borsbeen en sleutelbeen gebreek.

Sewe dae later het hy 'n sewe uur lange operasie ondergaan om van sy  T1- tot sy T10-werwel te probeer heg en herstel.

Hennie Meyer, Leroux se ouer broer wat saam met hom in die eiendomsbedryf werk, het aan Huisgenoot bevestig hulle weet nog nie hoe lank sy broer rehabilitasie sal moet ondergaan nie.

“Hulle praat van enigiets tussen vier en nege weke.”

BLY HOOPVOL

Leroux, wat twee jaar gelede met Nicolien (30) getroud is, het vroeër aan Huisgenoot gesê hoewel hy hom gereedmaak om die lewe in ’n rolstoel aan te pak, glo hy hy sal weer kan loop.  

Leroux Meyer en Nicolien op hul troudag in Oktober
Leroux Meyer en Nicolien op hul troudag in Oktober 2018. Foto: Facebook
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe