Elisa Agnoleti.
Elisa Agnoleti. Foto: @luna.sole.58/Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Elisa Agnoleti (39) van die stad Cesena is in die vroeë oggendure van Maandag 16 Augustus in die stad Siena in die sentrale deel van Italië dood. 

Elisa – bekend vir haar passie vir vlieg – het haar lisensie om lugballonne te vlieg in 2018 gekry nadat sy twee jaar lank opleiding ontvang het.

Elisa het gereeld foto’s van haar vliegervarings g
Elisa het gereeld foto’s van haar vliegervarings gedeel. Foto: @luna.sole.58/Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Toe sy haar lisensie kry, het sy in die sosiale media gesê: “Dit is moeilik om te beskryf wat ek op my eerste alleenvlug gevoel het nadat ek my lisensie gekry het . . .

“Ek sal die gevoel nooit vergeet nie. My hart het baie vinnig geklop. Ek het vryheid en hope adrenalien ervaar en terselfdertyd soveel vrede in die stilte van die hemel!”

Elisa was alleen in die ballon toe ’n windvlaag di
Elisa was alleen in die ballon toe ’n windvlaag dit onverwags ruk nadat die ballon reeds in die lug was. Foto: @luna.sole.58/Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Elisa, wat ’n klein muntoutomaatonderneming saam met haar man besit het, het gereeld foto’s van haar vlugte gedeel. Sy het dikwels vertel haar lewe het verander nadat sy haar lisensie gekry het. 

Op die dag van die ongeluk het Elisa en haar kollega, Ivan, toeriste op ’n lugballonrit gevat. Ná die rit, het Ivan en die toeriste uit die ballon geklim.

Elisa was alleen in die ballon toe ’n rukwind onverwags opsteek. Elisa het die vlieënde ballon aan die grond probeer vasbind, maar haar balans verloor en 10 m bo die grond uit die mandjie geval.

Elisa se kollega en die groep toeriste nie in die
Elisa se kollega en die groep toeriste nie in die ongeluk beseer nie. Foto: @luna.sole.58/Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die nooddiens is dadelik ontbied, maar Elisa was reeds dood toe hulle op die toneel aankom. Volgens die plaaslike media is Elisa se kollega en die groep toeriste ongedeerd. 

Die Italiaanse nasionale agentskap vir lugvaartveiligheid het die ballon gekonfiskeer en ’n ondersoek na die ongeluk van stapel gestuur.

Hulle wil vasstel of ’n menslike fout of die rukwind die ongeluk veroorsaak het. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe