“Haar liggaam is by die treinspoor agter die Merigold-hotel in Windhoek gekry,” vertel Elna-Marie se sussie, Windy Engelbrecht, aan Huisgenoot.

“Ons weet nog nie hoe sy dood is nie, maar haar motor word nog vermis,” sê Windy. Die 29-jarige sjef het nie kinders nie.

Die familie wag vir meer inligting. Hulle vra dat mense in Namibië moet uitkyk vir haar silwer Volkswagen Golf met die registrasienommer N27434WB.

’n Vriendin het Woensdagaand halftien laas van haar gehoor. Elna-Marie is laas in Hochland Park, Windhoek, gewaar.

“Ons sal kommentaar lewer as ons nog inligting kry,” het Elizma gister aan Huisgenoot vertel. Sy het die hartseer nuus vandag op Facebook bevestig.