Ma onthul: Ek het aan ’n baba van byna 7 kg geboorte gegee

akkreditasie
Wil jy die wie-het-geboorte-aan-die-grootste-baba-gegee-speletjie speel? Wel, ek wen by verre.
Die Australiër het op Tik Tok gespot sy het “aan ’
Die trotse ma het op Tik Tok gespot sy het “aan ’n kleuter geboorte gegee”. Foto: TikTok

Dit was die begin van 'n video in die sosiale media wat mense se monde laat oophang het.

Die TikTok-gebruiker, wat net as @shans1588 bekend is, het haar ongelooflike geboortestorie vertel nadat gebruikers gevra is om die gewig van hul grootste baba te deel.

Die Amerikaanse ma het op TikTok gespot sy het “aan ’n kleuter geboorte gegee” toe haar seuntjie vyf jaar gelede gebore is.

Waar 'n pasgebore baba gewoonlik tussen 2,5 kg en 4,5 kg weeg, het die bielie van 'n baba 6,6 kg geweeg.

“Op 38 weke en een dag het twee dokters my tweede seun met ’n keisersnee verlos, want hy het ’n allemintige 14 pond 0,6 onse (sowat 6,6 kg) geweeg,” sê sy.

“Ja, ek het aan ’n kleuter geboorte gegee.”

Die ma sê haar seun, wie se naam sy nie noem nie, was by geboorte 60 cm lank. Die baba was vir 11 dae in ’n neonatale waaksaal, waar hulle nie doeke groot genoeg vir die bulletjie gehad het nie.

@shans1588

Our 14 1b .6oz baby boy. J is a healthy, stubborn and STRONG 5 year old who loves baseball, football and Monster Trucks. ##fyp ##bigbaby

? Proud of You - Five Times August

“Hy het ook in klere vir grootte ses tot nege maande huis toe gekom,” sê sy.

Die video is sedertdien meer as 34,7 miljoen keer op die toepassing gekyk en baie sosialemediagebruikers is verstom oor die baba se grootte. “Hy het as ’n volgroeide man uitgekom,” spot een.

“Daardie baba was op agt maande al reg om uit te kom,” sê iemand anders. Die ma het later ’n opvolgvideo geplaas waarin sy vertel haar baba is nou vyf jaar oud.

“J is ’n gesonde, koppige en sterk vyfjarige wat van bofbal, voetbal en Monster Trucks hou,” sê sy op die video.

Dis nie die eerste keer dat ’n reuse-baba die nuus haal nie. In 2018 het ’n 42-jarige Russiese vrou sonder pynstillers of mediese hulp aan ’n baba van 6 kg die lewe geskenk.

Plaaslike gesondheidsbeamptes het later in ’n verklaring gesê dit gaan goed met die vrou, wie se naam nie bekendgemaak is nie, en haar baba.

’n Jaar later het Joy Buckley, van Amerika, haar dogter Harper verwelkom. Die meisietjie het by geboorte 7 kg geweeg en was 58 cm lank.

“Ek het geweet sy sou groot wees, maar ek het nie ’n 15 pond-baba verwag nie,” het Joy destyds gesê.

Bronne: Tik Tok, New York Post, Daily Mail, Mirror, USA Today, News.com.au

Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees