Siti met Diana se baba. Foto: @Jamumallcom/Newsfla
Siti met Diana se baba. Foto: @Jamumallcom/Newsflash

Dis die lot wat Siti Suriani Wahiddin van Maleisië getref het toe sy verlede week in die stad Shah Alam aan 'n babaseuntjie die lewe geskenk het. Sy het nou haar skokkende verhaal in 'n Facebook-video met die wêreld gedeel.

Die 23-jarige ma huil in die video en vertel van haar trauma toe sy met die verkeerde baba huis toe gestuur is. Albei ma’s wat met die verkeerde kind huis toe is, sê hulle het reeds ’n band met die babas gevorm en wil nou regstappe teen die hospitaal doen.

Siti wys ook vir die kykers die baba se naambandjie waarop staan sy naam is Dianah Hanani en hy is die dag gebore voor Siti haar baba gehad het.

Siti met die hospitaalbandjie. Foto: @Jamumallcom/
Siti met die hospitaalbandjie. Foto: @Jamumallcom/Newsflash

Sy vertel ook sy het vermoed iets is fout toe die verpleegster “haar” baba vir haar gebring het voor sy uit die hospitaal ontslaan is. Siti sê die babaseun het ligter gelyk en sy gelaatstrekke effens anders, maar sy het haar twyfel opsygeskuif, want die baba was in ’n bedjie wat duidelik met sy naam gemerk was.

Toe sy na die baba se naambandjie kyk en besef wat gebeur het, het sy die hospitaal dadelik gekontak.

“My hart het tot in my skoene gesink toe die hospitaal bevestig my baba is met iemand anders s’n omgeruil,” sê sy aan die plaaslike nuuswebtuiste Harian Metro.

Op die video, wat nou 65 000 likes en 71 000 kommentare het, sê die ontstelde ma: “Dit is nie ’n drama nie. Dit is die werklikheid."

Die hospitaalbandjie wat Siti laat besef het sy ho
Die hospitaalbandjie wat Siti laat besef het sy hou nie haar eie baba vas nie. Foto: @Jamumallcom/Newsflash

Die hospitaal het Diana Hanani Abdullah gekontak en sy het bevestig sy het Siti se baba en Siti hare.

“Ek het eers uitgevind die kinders is omgeruil toe die hospitaal my gisteraand (12 Junie) gekontak het,” sê Diana.  

“Ek was baie verbaas en het my man gevra hy moet gaan soek na die baba se hospitaalbandjie wat reeds in die vullisblik was. Ons het gesien Siti Suriani se naam staan daarop.”

Die ouers het mekaar ontmoet by die hospitaal waar die fout plaasgevind het en die babas omgeruil.

“Die baba-uitruilproses was baie emosioneel, want ons was reeds lief vir die kind wat ons versorg het asof dit ons eie was,” sê Diana.

Die nuuswebtuiste World of Buzz berig albei ma’s het gehuil terwyl hulle die babaseuns geruil het.

  • Albei egpare wil die hospitaal oor die omgeruilde babas dagvaar. Harian Metro berig hulle het die privaat hospitaal gekontak waar die voorval plaasgevind het, maar ’n woordvoerder beweer die beskuldigings van ’n omruilery is vals.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe