Foto's van die slagoffertjies tussen al die huldeb
Foto's van die slagoffertjies tussen al die huldeblyke voor die woonstelblok waar hulle deur hul ma, Liliana Carrillo, verdrink is. Foto: Al Seib / Los Angeles Times via Getty Images

Dit is die skokkende bekentenis van Liliana Carrillo (30), ’n ma van Los Angeles, Amerika, wat verlede naweek haar drie kinders, twee kleuters en ’n baba, verdrink het. 

Liliana sê sy het haar drie kinders, Joanna (3), Terry (2) en Sierra (ses maande), verdrink om hulle weg te hou van hul pa. Sy beweer hy het hul kinders mishandel en volgens haar wou sy hulle teen hul pa "beskerm". Die moorde kom te midde 'n bittere toesigstryd met haar vervreemde man.

Die polisie in Los Angeles het bevestig sy is al verdagte in die moordsaak. 

Die Los Angeles Times berig sy wou verhoed dat haar kinders “verder mishandel word”. 

Sy het in 'n mediaonderhoud gesê sy het vir 'n groot deel van haar lewe aan angs, depressie en posttraumatiese stressteuring gely en het voorheen probeer om berading te kry, maar was onsuksesvol.

Antonia Bonilla by 'n groeiende gedenktuin by die
Antonia Bonilla by 'n groeiende gedenktuin by die Royal Villa-woonstelle waar Liliana Carrillo haar kinders verdrink het. Foto: Al Seib / Los Angeles Times via Getty Images

“Ek was lief vir my kinders. Soos ek gesê het, ek wens dat dit nie die geval hoef te wees nie, maar ek gaan nie mishandeling toelaat nie. Ek het belowe om hulle te beskerm.

“Ek wens my kinders leef, ja. Wens ek dat ek dit nie hoef te gedoen het nie? Ja. Maar ek verkies dat hulle die res van hul lewe nie gereeld gemartel en misbruik word nie. 

“Ek is lief vir julle en ek is jammer,” was haar woorde aan haar kinders, het sy tydens ’n onderhoud vanuit die tronk gesê. 

Sy het bevestig dat sy nie onder die invloed van drank of dwelms was toe sy haar kinders verdrink het nie. 

Liliana is nog nie formeel aangekla nie, maar die staat sê hulle sal haar in die komende week aankla, berig die Los Angeles Times.

Bronne: NYPOST, LATIMES 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe