Wat het van die pragtige driejarige dogtertjie geword? Wie het haar gegryp terwyl haar Britse ouers in ’n nabygeleë restaurant ’n aandjie uit geniet het? Leef klein Maddie nog? is van die vrae wat by mense bly spook.

Eers dertien jaar later, in Junie 2020, vlam die hoop weer op dat daar eindelik antwoorde op die tergende verdwyning van Maddie sou kom. Die polisie kondig aan dat ’n veroordeelde Duitse pedofiel, Christiaan Brückner (toe 43), nou ’n verdagte in die saak is.

Hulle hoef nie ver na hom te gaan soek het nie; hy’s reeds in die tronk in Kiel, Duitsland, nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ’n 72-jarige Amerikaanse toeris in Praia da Luz in 2005.

Nou het dit aan die lig gekom Brückner, oftewel Christiaan B. soos hy in die Europese media bekendstaan, het al baie vroeër die polisie se aandag getrek.

Hans Christian Wolters, ’n Duitse staatsaanklaer, het verklap hulle ondersoek Brückner al vir drie jaar, en dat die besluit om in 2020 bekend te maak dat hy ’n verdagte is, nie ligtelik opgeneem is nie.

Hy glo ook vas hulle vorder in die saak teen Brückner.

Christiaan Brückner is reeds sedert 2017 in die Du
Christiaan Brückner is reeds sedert 2017 in die Duitse polisie se visier rondom die verdwyning van Madeleine McCann. Foto: Gallo Images/Getty Images

Tog wil dit voorkom asof die saak teen hom op kwalik meer as omstandigheidsgetuienis gegrond is: Hy is ’n veroordeelde pedofiel, hy het in die Praia da Luz-omgewing gebly, sy selfoon is naby die vakansiewoonstel gebruik die aand van Maddie se verdwyning, en hy het die volgende dag een van sy voertuie se registrasienommers verander.

’n Vriend beweer ook Bruckner het erken hy het Maddie ontvoer terwyl hulle saam in ’n kroeg gekuier het. Maar sy regsverteenwoordiger, Friedrich Fulscher, hou voet by stuk dat sy kliënt onskuldig is. “Daar is nog geen bewyse wat daarop dui dat hy skuldig is nie.”

’n Gewese vriend van Brückner sê die saak sloer: “Ek kan nie glo daar’s reeds ’n jaar verby en dat daar nog geen vordering gemaak is nie.”  

Hy beweer ook die Duitse polisie het nog nie vir Brückner in die gevangenis gaan besoek óf ondervra nie. Op sy beurt weier Brückner glo ook om met die polisie te praat.

Peter Kirkham, ’n gewese hoofinspekteur van Scotland Yard, meen die ondersoek is besig om dood te loop en dat die Duitse polisie hul voete sleep

Bronne: thesun.co.uk, news.sky.com, nzherald.co.nz, dailyrecord.co.uk

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe