Sy naam word in dieselfde asem genoem as dié van skoonhede soos Demi-Leigh Nel-Peters en Rolene Strauss. Jy kan maar sê agter elke suksesvolle skoonheidskoningin is ’n man . . . en sy naam is Werner Wessels.

When the lighting is this good you just have to be shameless and take that selfie! ??

A post shared by Werner Wessels (@werner_wessels) on

Hy was ons Mej. Heelal en ook ons voormalige Mej. Wêreld se afrigter en stilis, maar ook hul vertroueling en vriend – die een by wie hulle ná ’n lang dag op hoë hakke hul hart kon uitpraat.

“Want ek verstaan waardeur hulle gaan en wat dit verg,” verduidelik Werner (28) ’n paar uur nadat hy in Kaapstad geland het. Die vorige week was hy nog in Las Vegas, Nevada, by die kroning van die 22-jarige Demi-Leigh as Mej. Heelal. Werner het al ses vroue die Mej. Suid-Afrika-kroon help wen.

Benewens Rolene in 2014 en Demi-Leigh in 2017 is hulle Melinda Bam (2011), Marilyn Ramos (2012), Liesl Laurie (2015) en Ntandoyenkosi Kunene (2016). Maar hoe kry hy dit reg om van ’n skoonheid ’n wenner te maak?

’n Skoonheidskompetisie soos Mej. Suid-Afrika of Mej. Heelal is eintlik soos ’n lang werkonderhoud waarvoor jy deeglik moet voorberei, verduidelik hy.

Spending time with this one. So grateful for friends that have become family! ?? my Bam Bam!

A post shared by Werner Wessels (@werner_wessels) on

Die deelnemers moenie net in ’n swembroek die koppe kan laat draai nie; hulle moet ook ingewikkelde vrae voor miljoene mense kan beantwoord en verduidelik waarvoor hulle die platform gaan gebruik wat die kompetisie hulle bied.

My heart can't even with this one! ?

A post shared by Werner Wessels (@werner_wessels) on

Hy gee raad oor hoe die vroue moet stap en staan, maar roep kenners se hulp in oor eetgewoontes en fiksheid.

“Dit is belangrik dat hulle gesond eet sodat hul energievlakke hoog bly, want hul dae is lank,” sê Werner.

Hy en Demi-Leigh het baie gesprekke gevoer oor aktuele sake, en hy moedig die vroue aan om op die hoogte te wees van die nuus.

“As Mej. Suid-Afrika staan sy omtrent vyfuur soggens op en woon talle liefdadigheidsgeleenthede by. ’n Maand voor Mej. Heelal (of Mej. Wêreld) kry sy kans om te rus. Dit is vir my belangrik dat sy agt uur slaap inkry. Dan begin ons met lesse oor hoe om haar hare en grimering te doen. Ons koop alles wat sy vir die reis gaan benodig, ontmoet die ontwerpers en sit die uitrustings bymekaar.”

Vir Demi-Leigh het hy sowat 50 uitrustings vir haar twee weke in Las Vegas ingepak en omtrent 11 paar skoene. Toe hy haar in 2013 ontmoet, het hy al voorspel sy gaan Mej. Suid-Afrika 2017 word.

Wat het haar en ander titeldraers laat uitstaan? “Ek kan nie sê daar is iets spesifieks waarna ek kyk nie. Dit is daai X-faktor,” sê hy. Demi-Leigh se gesig was vir hom iets besonders.

“Ek het net geweet dié gesig het ek nog nooit gesien nie.” Die vroue se geaardheid speel ’n groot rol. “Hulle het iets sags. Jy wil in hul nabyheid wees. Ons is die mense wat vir hulle sê hoe wonderlik hulle is; hulle weet dit nie. Dit is wat van hulle Mej. Suid-Afrika maak. Dit gaan nie vir hulle oor ‘ek’ nie.”

Werner, wat in Pretoria grootgeword het, het daar aan die London International School of Fashion studeer. Van kleins af was hy gek oor skoonheidskompetisies. “Ek is nog altyd mal oor ’n mooi vrou,” sê hy.

“En ek weet wat die krag van mode is; hoe ’n vrou haarself kan bemagtig as sy goed voel en lyk.”

Van volgende jaar gaan Werner heeltyds by die Mej. Suid-Afrika-kompetisie betrokke wees en al die kompetisie se finaliste met hul voorbereiding help.

“Nou gaan ek ’n verhouding met elkeen van daai meisies hê,” sê hy.

“En elke meisie, of sy wen of nie, gaan met dieselfde kennis as Mej. Suid-Afrika daar wegstap.”

Pasop, wêreld. Nog ’n Mej. Heelal of Mej. Wêreld is dalk uit die suidpunt van Afrika op pad.