Nou is hy ’n vuurwarm Spaanse sanger wat harte vermurwe met sy sexy nuwe voorkoms en eindelik in sy regte, natuurlike stem sing.

Miguel Pregueiro (24) het onlangs sy eerste enkelsnit, Vámonos, bekendgestel. Dit kom nadat hy in 2013 ’n deelnemer aan die Wooden Mic-kompetisie in dié sangkompetisiereeks was. Die Wooden Mic word jaarliks aan ’n deelnemende sanger toegeken wat vreeslik sleg gevaar het tydens hul oudisie; en ook nooit weer agter ’n regte mikrofoon moet inskuif nie.

Maar vir Miguel was dit soos water van ’n eend se rug.

Miguel se nuwe voorkoms. Foto: Verskaf

Hy kan eintlik sing. Hy het soos ’n eekhorinkie in sy oudisie gesing omdat sy vriende hom uitgedaag het, erken Miguel.

“Ek was altyd ’n nar en doen aksente en nabootsings. In 2013 het my vriende my uitgedaag om 'n oudisie vir Idols te doen en soos ’n chipmunk te sing,” sê Miguel.

Kyk hier na die snaakse oudisie-video:

Intussen het die sanger van Johannesburg ’n transformasie ondergaan en aanhangers is gaande daaroor. Hy sê hy gim gereeld en is ’n gesondheidsfanatikus.

Kyk hier na sy musiekvideo vir Vámonos:

“Ek het die liedjie geskryf nadat ek verlede jaar ’n ruk in Spanje deurgebring het. Ek wou ’n liedjie maak waarop mense kan dans, die soort musiek waarna ek geluister en wat my beïnvloed het.”