Volgens die ritueel moet die twee hul huwelik op hul huweliksnag volvoer – terwyl die familie aan die ander kant van die slaapkamerdeur wag om hulle agterna toe te juig, berig Mirror.

Asof dit nie bisar genoeg is nie, moet hulle ook ’n stuk van hul laken afskeur wat dan by ’n familie-muurbehangsel ingewerk word wat die ma van die bruid besit. Die bruidegom het sy besorgdheid oor die ritueel anoniem op Reddit gedeel.

“Ek was hewig onsteld en het vir haar gesê ek sal onder geen omstandighede so iets voor haar hele familie doen nie,” skryf hy in die plasing, wat sedertdien verwyder is.

“Ek dink sy het vir haar familie teksboodskappe daaroor gestuur, want ek het ’n teksboodskap van haar ma gekry waarin sy vir my sê ek begryp nog nie die belangrikheid van familie en tradisie nie en dié soort tradisie bestaan al langer as wat ek leef.”

Al het sy verloofde hom oor die ritueel probeer gerusstel deur te sê hulle kan net voorgee hulle voer dit deur, wou hy niks weet nie.

“Ek wil niks hiermee te doen hê nie,” skryf hy.

Bronne: Mirror, Reddit

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.