Man maak of hy in koma is om bedrogklag vry te spring

akkreditasie
’n Bedrieër wat hom twee jaar lank as ’n kwadrupleeg voorgedoen en soms gemaak het of hy in ’n koma is om vervolging te vermy, is aangekla nadat die polisie hom op kringtelevisiebeeldmateriaal gesien motor bestuur en inkopies doen het.

Aanklaers sê Alan Knight het meer as R715 000 van ’n bejaarde buurvrou met Alzheimer-siekte gesteel. Toe die polisie begin ondersoek instel, het Knight beweer hy is ’n kwadrupleeg en so siek dat hy soms in ’n koma gaan.

Hy het hom in die hospitaal laat opneem om hofverskynings vry te spring. Die bedrog is ontdek toe die polisie die gebruik van sy supermarkkaart nagaan en beeldmateriaal vind wat hom wat bestuur en loop.

Knight het Dinsdag by ’n hof in Swansea skuld erken op 19 aanklagte van vervalsing, bedrog en diefstal. Hy sal op 7 November gevonnis word.

- Sapa

Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees