Thomas Westwood (46) se hofsaak het vandeesweek in die Coventry-landdroshof begin nadat hy aangekla is van moord op sy ma, Susan (68). Hy het haar glo op 1 Desember 2017 doodgesteek.

Hy het onlangs in die hof beweer die stryery het begin oor sy ma nie sy “tee melkerig genoeg gemaak het nie”.

Die werklose Thomas is later by sy ma se huis in Coventry, Engeland, in hegtenis geneem nadat Susan met talle steekwonde in haar woning gevind is. 
Thomas beweer sy ma het die geveg begin en het hom die elke dag geboelie. 

Maar die familie sing 'n ander deuntjie. “Ons is geskok en hartseer oor die verlies. Sy was ’n liefdevolle ma, tannie, suster en vriendin en ons sal haar mis,” sê hulle, berig Mirror

Om iemand te verloor is erg genoeg, maar om haar te verloor deur iemand vir wie sy lief was, omgegee en gesteun het, is wreed, sê die familie. “Dit het 'n groot gat is in ons hart gelaat wat nooit gevul kan word nie.” 

Thomas het Dinsdag skuld beken op 'n aanklag van strafbare manslag.

Volgens BBC sal Thomas op 3 Augustus gevonnis word. 

Bronne: BBC, Mirror