John Shaffer (42), ’n boorling van Charleston, het die park saam met sy vrou besoek en by die valle afgegly nadat hy sy hond agternagesit en in die water gespring het om die dier te red, het Cathy Dowd, woordvoerder vir die Amerikaanse wouddiens gesê.

“Hy was in die rivier sowat 100 voet (30 m) weg van die bokant van die valle toe hy gly en in die stroom vasgevang word, wat hom oor die valle meegesleur het,” het sy gesê.

Sy het ook genoem daar was voldoende waarskuwings by die waterval oor die gevaarlike, glibberige toestande van die waterval.

Carmon West, brandweerhoof van Lake Toxaway, het John se lyk Sondag gekry. Hy skat die valle is sowat 46 m 150 feet hoog, berig Daily Mail.

Volgens West het het die soektog langer as vyf uur geduur en het sowat 35 mense daaraan deelgeneem.

Die vorige voorval wat by die valle aangemeld is, was in 2016 toe ’n jong nuusanker, Taylor Terrell (24), haar vastrapplek verloor het terwyl sy in die water rondgeplas het.

Dit is nog onduidelik of John se hond oorleef het.

Bronne: dailymail.co.uk, myfox8.com, wlos.com