Vagner is dood nadat hy van die bopunt van ’n wate
Vagner is dood nadat hy van die bopunt van ’n waterval geval het. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die voorval het op 11 Julie by die 30 m hoë Macacos-waterval in die Pico do Marumbi-staatspark in die Brasiliaanse munisipaliteit Morretes plaasgevind. 

Vagner Schmidt Alves (27) het die besienswaardigheid saam ’n groep vriende op ’n georganiseerde toer van altesaam 20 mense van die naburige stad Curitiba besoek. 

Vagner is op die toneel dood.
Vagner is op die toneel dood. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

“Hy het saam met sy vriende op ’n staptog gegaan en hy was die eerste een wat teen die heuwel op is," vertel sy meisie, Eduarda Kaoany (21). 

“Toe hy bo kom, het hy op ’n rots geklim om ’n foto van die uitsig te neem. Hy het toe gegly en geval.” 

’n Brandweerman wat toevallig ook by die waterval was, het tot die jong man se redding gekom en noodhulp op hom toegepas. Maar Vagner het op die toneel wens sy beserings gesterf. Sy lyk is toe vir ’n nadoodse ondersoek na die stad Paranagua geneem.

Die voorval by die 30 m-hoë Macacos-waterval plaas
Die voorval by die 30 m-hoë Macacos-waterval plaasgevind. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Vagner het by ’n groothandel-kosmark in Curitiba gewerk.

“Hy was een aand by my en hy het die volgende dag nie teruggekom nie,” sê Eduarda.

Vagner by sy meisie, Eduarda Kaoany.
Vagner by sy meisie, Eduarda Kaoany. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

“Hy het gesê hy sou vir middagete by die huis wees, maar die lewe kan van die een uur tot die volgende eindig. Dit is ’n pyn wat ek niemand toewens nie.”

Dit is nie bekend of die polisie die voorval ondersoek nie.