Michael Gaffney (21), van die Amerikaanse deelstaat New Jersey, is van manslag aangekla nadat hy Francis Garcia (19) na bewering tydens ’n aand van “rowwe seks” haar dood veroorsaak het. 

Francis se lewelose liggaam is in ’n parkeerterrein gevind naby die huis waar die twee blykbaar op ’n Halloween-partytjie ontmoet het. ’n Nadoodse ondersoek het getoon sy is weens drukbeserings aan die nek dood. 

Die jong man het aan die polisie gesê Francis het haar bewussyn verloor terwyl hulle op die agtersitplek van haar motor seks gehad het. Dit kom nadat die twee glo voorskrifmedisyne saam ingeneem het. 

Michael word sedertdien sonder borg aangehou en sal in Hackensack, New Jersey, in die hof verskyn. 

Bronne: Metro, Daily Mail, The Sun