Die transformasie van Jeff Kendall. Foto: Reddit

Die 26-jarige boorling van Connecticut het meer as ’n week gelede ’n klomp selfies van sy byna drie jaar lange reis van vet tot fiks in foto’s op Reddit begin plaas. Dit het soos ’n veldbrand oor die internet versprei soos mense dit gedeel het.

Mense op sosiale media meen Jeff Kendall se transformasie is soos in Beauty and the Beast. Hy lyk glo soos die prins waarin die gedierte verander. Foto's: Disney/Instagram

“Dit gee my ego 'n groot hupstoot,” het Jeffrey aan People vertel. Dit het hom help motiveer om aan te hou oefen en op te let wat hy eet. 

Sy ma se siekte en 'n vriend wie se meisie hom gelos het, het Jeffrey genoop om sy voorkoms-ommeswaai van stapel te stuur. Sy ma, Liliana, was in Julie 2015 ernstig siek in die waak-eenheid van ’n hospitaal weens ’n bloedklont in haar brein.

Sy was weke lank in die hospitaal en was twee keer in ’n koma en toe sy eindelik huis toe gaan, het Jeff na haar begin omsien. Hy het in ’n verlammende depressie weggesink.

Tydens daardie emosionele tyd, was Jeff se gesondheid ook nie na wense nie. Hy het 113 kg (250 pond) geweeg en het besef sy hoë bloeddruk kan hom in dieselfde bootjie as sy ma laat beland.

Toe 'n goeie vriend en sy meisie se verhouding op die rotse beland, het hy vir Jeff gevra om saam met hom te begin oefen en hy het ook joga-videos op YouTube begin kyk en dit tuis beoefen.

Met al die positiewe kommentaar wat hy in die sosiale media kry, droom Jeff nou daarvan om 'n voltydse model te word.

Bronne: www.sunnyskyz.com, bestlifeonline.com, www.thesun.co.uk, people.com.