“Vier gewapende mans het dié sakeperseel in Roelandstraat in die Kaapse middestad beroof. Hulle het kliënte laat platlê op die grond en ’n onbepaalde hoeveelheid kameratoerusting gebuit. In die proses is ’n 55-jarige sekuriteitswag noodlottig gewond en hulle het gevlug met sy vuurwapen,” het Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, Kapt. FC van wyk bevestig. 

Foto: Gys Visser
Foto: Gys Visser

Volgens omstanders het die rooftog sowat ’n uur en ’n half voordat die winkel sou sluit plaasgevind. Hulle sê personeellede het die paniekknoppie gedruk en die sekuriteitswag was blitsvinnig daar, maar hy is by sy voertuig doodgeskiet soos wat die rowers by die voordeur uit gevlug het.   

Foto: Gys Visser
Foto: Gys Visser

Hulle vertel ’n ander sekuriteitsvoertuig het wel die rowers agterna gesit, maar die polisie sê niemand is nog aangekeer nie. ’n Klag van moord asook sakeroof is geopen.